Klub100
Privaatheidskennisgewing
Laas bygewerk: 11 November 2026
Wie ons is
Klub100 is die handelsnaam van Goedehoop Ondersteunersklub NPC · Reg. nr. 2022/715960/08. Ons is die verantwoordelike party vir die persoonlike inligting wat u op hierdie webwerf invul. Kontak ons by 017 634 7722 of [email protected].
Watter inligting ons insamel
- Sluitkassie-aansoek: die ouer se naam, e-pos en telefoonnommer, en elke leerder se naam, van en graad in 2027.
- Persoonlike lidmaatskap: u naam, van, e-pos en selfoonnommer, en, as u dit gee, u kind se naam en graad.
- Besigheidsborgskap en besigheidsbydrae: die onderneming se naam, die kontakpersoon se naam, e-pos en selfoonnommer, en, as u dit gee, die BTW-nommer, faktuuradres en ’n boodskap.
- Eenmalige bydrae: u naam, van, e-pos, selfoonnommer, die bedrag en, as u dit gee, ’n boodskap.
- Outomaties: ’n onomkeerbare kode (hash) van u IP-adres, net om strooipos te keer. Die IP-adres self word nie gestoor nie. Die webwerf gebruik Cloudflare se besoekstatistiek, wat nie koekies stel nie.
Hierdie webwerf neem geen betalings en vra geen bank- of kaartbesonderhede nie.
Waarvoor ons dit gebruik
Ons gebruik die inligting net om u aansoek, lidmaatskap, borgskap of bydrae te administreer en om u daaroor te kontak. Ons gebruik dit nie vir bemarking nie, en ons verkoop dit nie.
Wie dit sien en waar dit gestoor word
Die Klub100-administrateurs ontvang elke aansoek per e-pos en hou dit in ’n lys. Die inligting word gestoor by die diensverskaffers wat die webwerf en ons e-pos bedryf (Cloudflare en Zoho). Hulle bedieners kan buite Suid-Afrika wees. Waar ’n aansoek die skool raak, soos die toewysing van ’n sluitkassie, deel ons die nodige besonderhede met Laerskool Goedehoop.
Hoe lank ons dit hou
Ons hou die inligting net so lank as wat nodig is vir die doel waarvoor u dit gegee het, of so lank as wat die wet vereis.
Kinders se inligting
’n Leerder se besonderhede word deur die ouer of voog ingevul, wat ook die toestemming gee.
U regte
U kan vra watter inligting ons oor u het, vra dat ons dit regstel of uitvee, of u toestemming terugtrek. Kontak ons by die besonderhede hierbo. As u nie tevrede is met hoe ons u versoek hanteer nie, kan u ’n klag by die Inligtingsreguleerder indien: inforegulator.org.za.